NuusbriefStrip
 

Krone 7 Uitgestel



Aan al ons Krone kaartjiehouers



As gevolg van die deurlopende gesondheidskrisis is daar onsekerheid oor wanneer groot konserte weer toegelaat sal word.

Dit is duidelik dat hierdie jaar se Krone-vertonings nie op die beplande datums in Augustus 2020 sal kan voortgaan nie. Ons was so opgewonde om hierdie jaar se Moewiese Saamsing Jol saam met julle te geniet, maar ons prioriteit is altyd die veiligheid van julle, die Krone-fans, asook almal wat op die verhoog en agter die skerms werk.

Ons het die moeilike besluit geneem om die Krone 7 konserte te herskeduleer na 6-8 Augustus 2021 in Pretoria en 14-15 Augustus 2021 in Kaapstad.

Jou huidige kaartjie en sitpleknommer bly geldig vir die nuwe datums van Krone 2021, so hou vas aan daai kaartjies!

As ondersteunder van Krone sal jy die volgende opsies ontvang aangaande jou kaartjie.

Opsie 1
Hou vas aan jou kaartjie vir volgende jaar.
Jou kaartjie word net so oorgedra na volgende jaar se herskeduleerde vertoning van Krone.

Opsie 2
Kry jou geld terug.
Jy is natuurlik welkom om te vra vir jou geld terug, so jy kan weer vir jou kaartjie vergoed word.

Kliek Hier om jou keuse aan te dui.


Baie dankie vir julle geduld en bly veilig.
Ons hoop om julle volgende jaar te sien by Krone!

Moewiese liefde,
Die Krone-span

Nuutste Nuus Van Ons Krone en Select Musiek-Kunstenaars

 
 

TOEGANG


Maak seker jy bring jou kaartjie na die vertoning waarvoor jy gekoop het. Jy kan jou kaartjie print en by die ingang wys of op jou selfoon. Kinders onder 3 jaar oud word gratis toegelaat, maar neem asb in ag dit is op jou as ouer se eie risiko, omdat die klank redelik hard is en die vertoning +- 3 ure lank is. Kinders bo 3 jaar oud betaal volprys vir 'n sitplek. Moet asb. nie kaartjies koop by enige ander instansie of persoon nie, en slegs by iTickets.co.za.


WAAR


Kapenaars word eerste bederf met twee Krone 7-vertonings op Saterdag, 8 Augustus en Sondag, 9 Augustus in die Grand Arena, GrandWest, en kort daarna kry die gehoor van Gauteng ’n beurt met drie vertonings by die Sun Arena @ Time Square, Pretoria. Dié vertonings vind plaas op Vrydag, 14 Augustus, Saterdag, 15 Augustus en die finale vertoning op Sondag, 16 Augustus.


SAAMSING


Dit is lekker om te sien hoeveel mense bymekaarkom, elke woord ken en luidkeels saam met die kunstenaars sing. Dit is ’n ervaring wat jy self moet kom beleef as jy nog nie by ’n Krone-konsert was nie. So maak seker jy koop die Krone 7-Album vroegtydig om al die lirieke en keurspelle te leer. Al die treffers word saamgebring in energieke, slim verwerkte keurspelle, terwyl die lirieke van dié treffers op groot skerms vertoon word vir die gehoor om uit volle bors saam te sing, vir ’n moewiese saamsing jol.