Andriëtte Terug Na 5 Jaar Met Nuwe Album

Met Platinum-toekennings agter haar naam, is Andriëtte een van Suid-Afrika se top Afrikaanse Vroulike kunstenaars met treffers soos Sewe Oseane, Napoleon en Dinge, asook ‘n Ghoema-Toekenning vir Beste Vroulike Kunstenaar ins 2016.

Na 5 jaar sien haar langverwagte ateljee-album Hartsland, die lig vroeg in April 2020. Met aanloop na die bekendstelling van dié nuwe treffer-album, gaan aanhangers verras wees met haar eerste digitale enkelsnit vanaf die album, Druppel In Die See, wat ook vooraf bestellings open vir die album, digitaal. Druppel In Die See beloof om ‘n groter treffer te wees as haar vorige suksesvolle treffer Sewe Oseane, wat bewys het Andriëtte is hier om te bly. Sy het die afgelope 5 jaar uitdagings oorwin en dié album deel in die reis daarvan. Aanhangers sal beslis aanklank vind en sal positief motiveer en beinvloed word deur die inhoud van hierdie album en liedjies.

Die enkelsnit Druppel In Die See en haar nuutste album Hartsland vind nuwe aanklank in die nuwe lirieke en klanke en hoe Andriëtte gegroei het die afgelope 5 jaar. Aanhangers kan gereed maak vir ‘n groot opwagting met haar splinternuwe album, Hartsland!
HARTSLAND - BESKIKBAAR 24 APRIL