BREAKING NEWS: Springbok-Wêreldbeker gesteel

Daar is gerugte dat die William Web Ellis-trofee moontlik gesteel is uit die Springbokke se Sekuriteits-kamer in Stellenbosch.

Vrydag, 3 April rondom middernag is daar 'n saak oopgemaak by Stellenbosch Polisiekantore oor die inbraak by die Springbok-hoofkantoor. Heelwat duursame besittings insluitend die Springbok Wêreldbeker is verwyder uit die sekuriteits-kamer. Meer inligting sal aan media deurgegee word sodra verdagtes opgespoor is en meer inligting die lig slaan.

Die Wêreldbeker was gewen op 2 November te Japan deur Suid-Afrika toe die eindfluitjie uiteindelik blaas op 'n telling van 32-12 vir Suid-Afrika.