Brendan Se Album Nr.1 Binne Net 5 Ure

Stop, Wag, Bly ‘n Bietjie want Hy Loop Oop en klim sy Everest nog hoër tot die Nommer 1 posisie op Apple Music Afrikaans met sy splinternuwe album, Twintig20

Die bul van Bloemfontein is terug met sy splinternuwe album vir 2020, getiteld Twintig20! Met hierdie jong ster se aanhoudende sukses in die musiekbedryf sedert sy eerste trefferbekendstelling van Stop, Wag, Bly nog ‘n Bietjie, is dit geen verrassing dat sy aanhangers nie kon wag vir hierdie nuwe album nie en die album tot die Nommer 1 posisie te bring op die internationale digitale musiekplatform, Apple Music. Brendan het besluit om terug te keer na sy wortels met dié nuwe album, maar met ‘n vars, nuwe klank.

Met meer pret en lighartige liedjies soos “Lekkerder op my Trekker” en “Vasdanslyf” kry hy nogsteeds sy positiewe en opbouende boodskap daar buite met liedjies soos “Sterk soos ‘n leeu” en “Ons maak saak” (ft. Elandré, Christia Visser & Refentse), wat reeds vroeër hierdie jaar vrygestel is. Brendan het selfs ‘n liedjie geskryf vir sy beste pel, Trompie, sy Jackrussel, ‘n liedjie wat jy beslis wil hoor. Met die lekker onderliggende-toon van die album het hy ook meer volwasse gegroei as kunstenaar wat deurskyn met ‘n meer “live band, country rock” -klank, wat jy nie anders sal kan as om jou voete-en-jou-kop te skud nie.

Twintig20 sal jou aan die dans en aan die spring hê, laat verlang en laat lag soos Brendan jou op ‘n reis vat van sy 20/20 visie vir die toekoms.
KYK LEKKERDER OP MY TREKKER
KYK STERK SOOS 'N LEEU