Elandré neem twee Top plekke op Apple Music

Daar is beslis Vuur Op Die Water as sy treffers die ranglyste landswyd tref. Met meer as 3 Miljoen trefslae op Youtube spesifiek vir Elandré se treffer-lied en –video Vuur Op Die Water.

Op Donderdagaand, 16 April 2020, was Elandré die gaskunstenaar op die eerste episode van Republiek van Zoid Afrika, seisoen 6. In hierdie episode het Zoid bietjie meer uitgevind oor Elandré se groot-word-jare, sy harde werk en uiteindelik die sukses wat hy alreeds bereik het as gesogte en geliefde sanger in Suid-Afrika.

Die episode was afgesluit, nes oudergewoonte, met Elandré en Zoid wat sy treffer-lied, Vuur Op Die Water, met ‘n “Karen Zoid aanklank” opgetree het. Aanhangers van beide het behoorlik begin gons op sosiale media platforms oor dié optrede.

Dit is toe dat hierdie weergawe die nommer 1 plek in neem op die digitale platform “Apple Music” se Afikaanse afdeling. Die oorspronklike weergawe vanaf Elandré se nuutste album, Boomhuis, het die tweede plek in geneem. Iets wat nie allerdaags gebeur nie!

"Dit was vir my 'n "dream come true" oomblik. Karen was vir my 'n bron van leiding en inspirasie toe ek begin musiek maak het, en is steeds. Dit was vir my ‘n "blessing" dat ons paaie kon kruis. Ek hoop ons paaie sal nog parralel loop in die toekoms"

Dit bewys weereens dat Elandré hier is om te bly en om sy Boomhuis verder uit te brei.
KYK DIE OPTREDE HIER