Jan Jan Jan Terug Met Nuwe Treffer

Wie sou ooit, kon dink dat Jan, nog ‘n Jan en nog ‘n Jan, JAN JAN JAN, Suid-Afrika aan die gons en dans sal kry met hulle weghol-treffer “Wys jou Vleis”?

In 2019 het die drie manne genaamd Lang Jan, Fris Jan en Klein Jan as ambassadeurs van die klerereeks, Boerboel Wear, hulle debuut in ‘n advertensie gemaak, nie net as modelle nie maar ook as Suid-Afrika se eerste Boere Boyband. 

Die advertensie/musiekvideo het op sosiale media ontplof! “Wys jou Vleis” is einde Oktober 2019 vrygestel en binne 5 maande daarin geslaag om meer as ‘n 2.6 miljoen kyke op YouTube in te palm – die eerste miljoen in net meer as ‘n maand na die vrystelling. Jan Jan Jan, is meer as net ‘n oornag sensasie en word genooi vir een onderhoud na die ander en versoeke om op te tree by feeste reg oor die land.

  Nou keer Jan Jan Jan Jan terug met ‘n splinternuwe treffer “Ek Bly ‘n Boer” wat op Vrydag, 3 April vrygestel word. Met “Ek bly ‘n Boer” beoog die Janne om met hulle opwindende musiekvideo weereens die land aan die lag and dans te sit, maar ook tradisionele stereotipe te verbreek deur te beklemtoon dat ‘n ‘stadsjapie’ ook ‘n boer in sy hart kan wees, al besit hy nie ‘n plaas nie.

LUISTER EK BLY 'N BOER
KYK DIE MUSIEKVIDEO