Kuier Live saam met Anlia van Rensburg

"Ek is baie lief vir die ongerepte natuur! Om die grond onder my voete te kon voel, het my laat terug verlang na my kinderdae op my Ouma en Oupa se plaas. Om tussen die diere te kon wees, trekker te kon ry en op die lekkerste liedjie te kon dans, is beslis die hoogtepunt van my jaar!" - vertel Anlia van Rensburg.

Lekkerder Op My Trekker is die nuwe lighartige enkelsnit van Brendan Peyper met 'n musiekvideo om daarby te pas. Met Brendan wat weer terugkeer na sy plaasseun wortels toe, stel hierdie treffer ook 'n goeie idee op van wat jy kan verwag van die res van die album. Die goeie ou-pret-klank met boodskappe van liefde en goeie tye, maar met 'n baie lekker nuwe, amper country-rock dryfkrag agter dit om ook die kunstenaar se musikale groei te toon. Met Lekkerder op my Trekker beskryf Brendan basies 'n boeremeisie so na aan sy eie hart.

Die Boeremeisie in die musiekvideo word deur die pragtige Anlia van Rensburg vertolk. Soos dit enige goeie aktrise bekwaam, het sy dié rol uitstekend vertolk van hoe dit sou wees, of lyk, om die perfekte Boeremeisie te wees. Van trekker ry, tot 'n windpomp regmaak of die beeste te voer.

Anlia van Rensburg is 'n Suid Afrikaanse aktrise wie haar TV-debuut gemaak het in kykNET se gewilde TV-Sepie, Getroud Met Rugby. Sy het die “feisty” rol van Sasha Richter vertolk. Anlia het Kaapstad toe verhuis en onlangs 'n Internationale rol los geslaan in die nuwe HBO reeks, Raised By Wolves. Anlia het reeds 'n paar rolle in Suid Afrikaanse en Internasionale films en reekse vertolk, waaronder: Deep State, The Last Sacrament, Spreeus, Agent 200, 'n Man Soos My Pa, American Monster en Projek Dinah. Buiten films het sy ook Musiekteater-produksies gedoen. Sy is ook 'n sangeres, motiveringspreker en M.C.
Kom kuier saam op Select Musiek se Facebookblad en Instagram Stories waar Anlia bietjie meer gaan vertel oor haar erving met die skiet van Lekkerder Op My Trekker en hoe dit was om saam met Brendan Peyper te werk.

Wie weet, dalk maak Brendan ook 'n draai op die Live Stream ;-)

VRYDAG | 3 APRIL
Select Musiek Facebookbladsy
10:00

VRYDAG | 3 APRIL
Select Musiek Instagram Stories
11:00