My Hart Klop Teater Is Hier!

Interessante tye. Interessante Projekte.



My Hart Klop Teater is hier!



Wat is dan beter as jou gunsteling musiekster wat ‘n draai kom maak in jou sitkamer? Dis reg, ons is opgewonde om My Hart Klop Teater aan te kondig. Ons bring ‘n konsert na jou sitkamer waar jy ‘n glasie wyn, koeldrank vir die kinders en versnapperings kan geniet!

"Ek mis my mense en ek mis dit verskriklik om voor hulle op te tree Hierdie vertoning kom op net die regte tyd en ek was letterlik weke laas op 'n verhoog! Ek hoop in my hart dat almal sal kom inloer en ek hoop ek kan almal net bietjie beter laat voel oor hierdie vreemde situasie waarin ons almal is. Sien julle Vrydag, 24 April om 19h00 in jou sitkamer en skyf solank die banke weg, ons gaan party!!"

Op Vrydag, 24 April 2020 om 19:00 is Kurt Darren die eerste kunstenaar wat ‘n digitale draai gaan maak in die My Hart Klop Teater. En ja, met ‘n volledige orkes, uitstekende beeld en met hoë kwaliteit klank sal Kurt Darren jou vermaak met sy treffers van toeka tot nou.

Die vertoning begin stiptelik om 19:00 en kaartjies is nou beskikbaar by iTickets.co.za teen ‘n billike R40 vir almal in jou huis. As jy ‘n kaartjie gekoop het, sal jy twee ure voor die vertoning ‘n skakel (link) ontvang per e-pos en/of sms na die vertoning toe wat stiptelik om 19:00 begin. Hierdie vertonings sal nie beskikbaar wees na die tyd nie, so moet nie laat wees nie en moet nie die begin van die vertoning mis nie.

Beperkte kaartjies beskikbaar, so spring gou!

My Hart Klop Teater sal gereeld nuwe vertonings met verskillende kunstenaars aanbied.

Vir meer inligting en om op hoogte te bly, besoek gerus die My Hart Klop Afrikaans sosiale media blaaie op Facebook, Instagram, Twitter en Youtube.